Administrateurspaar - Pastoor Manie & Elize Potgieter

Manie en Elize Potgieter is op 1 Maart 2016 aangestel as die Administrateurspaar van die Lede in Christus Kerk. Manie is gebore op 7 Junie 1976 in Pretoria en Elize op 28 November 1975 in Ermelo. Hulle word in die huwelik bevestig op 6 Februarie 1999. Twee pragtige kinders, Charlize en Armand, is uit die huwelik gebore. Na skool, volg beide ‘n loopbaan in die finansiële wêreld. Hulle verwerf die nodige kwalifikasies en voltooi hul vereiste klerkskap by ouditeursfirmas. Manie slaag ook die gesogte eksamens vir ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester GR(SA). Vandaar besluit hulle om die ouditomgewing vaarwel te roep en hul loopbane voor te sit in die kommersiële omgewing, voordat hulle die aanstelling by die Kerk aanvaar het. Hulle is tans Mede-pastoorspaar by Pretoria-Helderberggemeente. Hulle gebed vir die Kerk is dat die Here deur die kragdadige werking van Sy Heilige Gees, siele sal toevoeg tot al die gemeentes soos nog nooit van te vore nie. Hulle glo dat indien siele vir die koninkryk die hoogste prioriteit geniet, die Here elke gemeente se finansies en ander behoeftes dienooreenkomstig sal aanspreek. Hulle glo dat DIE HERE JOU SOVEEL GEE AS WAARMEE HY JOU KAN VERTROU!

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za