Hoof Sekretarispaar - Pastoor Tim & Hannah Malan

Tim en Hannah Malan is op 1 Oktober 2016 verkies tot die Hoof Sekretarispaar van die Lede in Christus Kerk. Tim is gebore op 15 November 1969 in Johannesburg en Hannah op 25 Junie 1972 in Pretoria. Hulle word in die huwelik bevestig op 7 Maart 1992. Drie talentvolle kinders, Francois, John-Jacques en Isabeaux, is uit die huwelik gebore. Tim was vir byna 25 jaar in diens van die Departement van Korrektiewe Dienste en Hannah ‘n bestuurder by Mutual & Federal, voordat hulle op 01 Januarie 2013 tot die voltydse bediening toegetree het en wel te Welkomgemeente. Hulle is op 1 Maart 2019 verplaas na Pretoria-Noordgemeente waar hulle tans nog bedien. Jesus se woorde dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien, dryf hierdie twee mense om graag ander te dien en sodoende die wet van liefde te vervul.


Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za