Hoof Tesourierspaar - Pastoor Gert & Juliana Schoeman

Gert en Juliana Schoeman is op 5 Oktober 2015 verkies tot die Hoof Tesourierspaar van die Lede in Christus Kerk. Gert is gebore op 12 Junie 1966 in Vanderbijlpark en Juliana op 30 Augustus 1966 in Ermelo. Hulle word in die huwelik bevestig op 29 Augustus 1987. Twee pragtige dogters, Angelique en Mariska, is uit die huwelik gebore. Op 12 September 2001 tree hulle toe tot die voltydse bediening en bedien die volgende gemeentes met groot ywer - Bethal, Louis Trichardt, Middelburg en Vereeniging. Huidiglik bedien hulle  Parowgemeente. Hulle het ‘n hart vir mense en leef dit uit in hulle herderlike bediening. Hulle hart en siel is in die bediening van hulle gemeentes en ook die gesonde bestuur van Hoofkantoor se finansies. Hulle beskou dit as ‘n geweldige groot voorreg om die Hoof Tesouriersposisie te beklee. Hulle persoonlike leuse is Fil. 4:13 - “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za