Vise - Moderatorspaar & Maatskaplike Sorg - Pastoor Christo & Marie Wepener

Christo en Marie Wepener is in Oktober 2012 verkies tot die Vise-Moderatorspaar van die Lede in Christus Kerk. Christo is gebore op 14 Maart 1957 en Marie op 31 Mei 1960 in Louis Trichardt. Hulle word in die huwelik bevestig op 25 Maart 1978. Twee pragtige kinders, Christo en Lizel, is uit die huwelik gebore. Op 1 Januarie 1994 tree hulle toe tot die voltydse bediening en bedien die volgende gemeentes met groot ywer - Fochville, Secunda, Bethal, Roodepoort en huidig Pretoria-Helderberg. Hulle beskryf hulself as mense wat omgee en lief is vir ander. In hul bediening, wil hulle graag geestelike vordering by mense waarneem. Hulle lewensfilosofie is om mense met die nodige waardigheid en respek te hanteer. Hulle verkies ook om nie op die voorgrond te wees nie, maar sal eerder agter die skerms hulle kant wil bring.

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za