Kinder Bediening - Pastoor Shawn & Susan J v Rensburg

Shawn en Susan Jansen van Rensburg is op 1 Julie 2016 verkies tot die direksie van die Lede in Christus Kerk, verantwoordelik vir Kinderbediening. Shawn is gebore op 24 Oktober 1976 in Welkom en Susan op 25 Junie 1977 in Randfontein. Hulle word in die huwelik bevestig op 6 Maart 1999. Drie pragtige kinders, Marshawné, Nathan en Xuanke is uit die huwelik gebore. Op 1 Januarie 2000 tree hulle toe tot die voltydse bediening en bedien die eertydse Jeugaksie vir twee jaar alvorens hulle die volgende gemeentes met groot ywer bedien – Middelburg, Potchefstroom, Welkom, Parow en Vereeniging. Tans bedien hulle in Bloemfontein gemeente. Hulle is baie opgewonde om vir die Here te arbei in dié faset van die bediening, wat vir beide van hulle baie na aan die hart lê. Hulle wil graag voortbou op die visie van hul voorgangers deur, met die hulp van die Here, die Kinderbediening nasionaal uit te brei, sodat dit van krag tot krag sal gaan en ons Hemelse Vader daardeur verheerlik kan word. Hulle leuse in die lewe is – “Die kinders is nie die kerk van môre nie, hulle is die kerk van vandag, wat môre die stokkie moet oorneem, opgelei en toegerus vir die taak.”

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za