Streeksdirekteur - Pastoor Frik & Sarita Senekal

Frik en Sarita is tans die presiderende pastoorspaar van Lede in Christus Kerk Nelspruitgemeente.  Frik is gebore op 24 September 1975 in Pretoria waarna hy opgegroei het in Ermelo.  Sarita is ‘n plattelandse nooi gebore 26 Augustus 1977 in Ermelo.  Op 25 November 1995 tree hulle in die huwelik.  Uit die huwelik is twee seuns gebore Johnny en Steve.  Op 1 Januarie 1997 word hul goedgekeur om die leiers van die Jeugaksie (God’s Top Soldiers) te word en bereik groot sukses.  Vanaf Januarie 2000 is hul pastoorspaar en bedien gemeentes Middelburg, Randfontein en Nelspruit.  Frik en Sarita dien ook tans op die direksie as opvolgpaar vir die Wêreldsending.  Frik beskik oor die vermoë om vinnig vol spoed dinge te doen en het deursettingsvermoë tot sukses bereik is.  Sarita is ‘n stil persoon vol liefde en hou daarvan om die Here te verheerlik met sang en musiek.  Hulle passie is om siele te bereik vir die Koninkryk van Jerusalem tot aan die uiterste van die aarde.  Keep on, Keeping on.

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za