Vise-Moderatorspaar - Pastoor Corne & Michelle du Plessis

Corné & Michelle du Plessis is in September 2012 verkies tot die direksie van die Lede in Christus Kerk, verantwoordelik vir Jeugbediening. Corné is gebore op 3 Februarie 1976 in Bela-Bela (voorheen Warmbad) en Michelle op 24 Julie 1976 in Vereeniging. Hulle word in die huwelik bevestig op 31 Mei 1997. Twee pragtige dogters, Charné en Elmé, is uit die huwelik gebore. Op 1 Januarie 2002 tree hulle toe tot die voltydse bediening en bedien die eertydse Jeugaksie vir twee jaar alvorens hulle die volgende gemeentes met groot ywer bedien – Vereeniging, Rustenburg, Pretoria – Noord en tans Pretoria Helderberg. Hulle word gedryf deur die “Groot Opdrag” in Matt. 28:19. Hulle doelwit is om jongmense te aktiveer en mobiliseer vir die Koninkryk van God. Hulle wil graag die evangelie op ‘n hedendaagse en praktiese manier implementeer, sonder om enige afbreek daaraan te doen. Hulle leuse in die lewe is – “Die Here hou die beste vir laaste” en “Doen jou bes en die Here doen die res”.

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za