Kulturele Verhoudings - Pastoor Koos & Lenah Madiba

Koos and Lenah Madiba het beide tot bekering gekom in 1995 en hulle is albei op dieselfde dag ook gedoop. Op daardie stadium het hulle nie kon droom dat hulle eendag met mekaar sou trou nie. Die Here het egter Sy unieke plan met hulle lewens en op 30 Mei 1998 word hulle in die eg verbind.

Gedurende Augustus 1998 praat die Here deur profesie met die Madiba’s, en hulle besef dat hulle tot die voltydse bediening sal toetree. Hulle moet hulself egter begin voorberei en nederig bly in die Here se teenwoordigheid.  Op hierdie stadium was hulle lidmate van die Hebron Gemeente en aan die stuur van die Kinder en Jeug bediening. Lenah was baie aktief by die Kinderbediening terwyl beide die Jeug bedien het.

Vanaf Januarie  1999 tot Januarie 2009 dien hulle op die kerkraad van Hebron Gemeente. Koos dien ook as Sekretaris van die Kerkraad. In Januarie 2009 word Koos geroep en die Madiba’s betree die voltydse bediening te Hebron Gemeente as die pastoorspaar.

Hulle leuse is: “My wife and I are both absorbed by the fact that if you want to follow Jesus Christ you should deny yourself. We find it very easy to work with people full of mistakes than those full of themselves. We are striving for selflessness.”

Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za