Lede in Christus Kerk

1 Kor. 12:27 "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik."



WIE IS ONS EN WAT GLO ONS

Die Kerk ten doel het om die beginsels van die Bybel, as die Woord van die drie-enige God, met die fokus op die leer van Jesus Christus, as Hoof van die Kerk, soos in die ganse Heilige Skrif neergelê, op alle terreine en onder alle mense, ooreenkomstig Sy wil, te verkondig, tot opbouing en uitbreiding van die liggaam van Christus op aarde en om ‘n doelbewuste strewe na die eenheidsband tussen die gelowiges uit alle Christelike denominasies, te versterk en aan te wakker, asook om elke lidmaat, gemeenskap en nasie te transformeer tot ‘n ware dissipel van Jesus Christus en ook;

om die beginsels van die leer van Jesus Christus, as Hoof van die kerk, soos in die ganse Heilige Skrif neergelê, op alle terreine en onder alle mense, ooreenkomstig Sy wil te verkondig tot opbouing en uitbreiding van die liggaam van Christus op aarde en om ‘n doelbewuste strewe om die eenheidsband tussen die gelowiges uit alle Christelike denominasies te versterk en aan te wakker en om ‘n beter verstandhouding en samewerking onder alle mense te bewerkstellig.

Ons is Pinkstermense wat glo in wedergeboorte, deur waaragtige bekering, gepaardgaande met sondebelydenis en restitusie en die doop, na bekering, deur onderdompeling. Ons beskou laasgenoemde as ‘n sakrament. Ons glo verder in die sakramente deur Jesus ingestel, naamlik die heilige nagmaal, voetewassing van die heiliges en die inseëning van kinders. Ons glo in praktiese heiligmaking, gepaardgaande met die najaag van vrede met alle mense, sover dit moontlik is. Ons glo aan die gawes en werkinge van die Heilige Gees, in die volle krag van God’s Gees. Ons glo onomwonde aan die maagdelike geboorte, kruisiging, sterwe en opstandig van Jesus Christus uit die dode, op die derde dag. Ons glo ook dat Hy in die hemel opgeneem is en sit aan die regterhand van God die Vader, as Hoëpriester en Opsiener van ons geloof. Voorts glo ons in die fisiese wederkoms van Christus, op die wolke van die hemel en die gepaardgaande wegraping van sy kerk en kinders, beide lewend en afgestorwe, waarna daar ‘n ewigheid in die hemel, wat Christus vir ons berei het, op ons wag. Ons glo in ‘n fisiese hemel, engele en goddelike wesens en weet ook dat daar ‘n duiwel, met gevalle engele en demone bestaan, wat saam met die verlorenes, wat Christus nie aangeneem het nie, uiteindelik en na die oordeel van God, in die ewige poel van vuur gewerp sal word. 


Ontwerp deur www.illustriousdesigns.co.za